# Die Stad Tshwane sê hy onderskryf The Bigg Pull 2026, ʼn liefdadigheids- en gemeenskapsprojek wat deur Gentle Giant Promotions gereël word, ten volle. The Bigg Pull daag 20 krag-atlete, bekend as die Krag-span uit om binne 41 dae ʼn vragmotor een-duisend-650 kilometer ver van Pretoria na Kaapstad te sleep. Tshwane-burgemeester Nasiphi Moya se woordvoerder, […]
# Die MK-party Vroueliga veroordeel die voortgesette vervolging, openbare vernedering en skynbare teikening van die voormalige Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane. Sy het gister in die Pretoriase Streekhof verskyn in verband met ‘n strafsaak wat voortspruit uit bewerings oor haar hantering van die omstrede Absa/Bankorp-saak tydens haar ampstermyn as Openbare Beskermer. Die MK-vroueliga sê alhoewel die […]
# Iran se minister van Ekonomie, Ali Madanizadeh, sê Teheran is ten volle voorbereid om Amerikaanse sanksies te hanteer. Washington het nuwe sanksies teen Iran ingestel wat op vyf ekonomiese sektore fokus: digitale bates, tegnologie, goud, lugvaart en verskeping. Amerika se minister van Finansies, Scott Bessent, dreig ook om streng sanksies in te stel teen […]
# President Cyril Ramaphosa gaan vanmiddag vrae in die Nasionale Vergadering beantwoord, onder meer oor die regering se pogings om te keer dat migrasie-verwante kwessies en optrede Suid-Afrika se beeld en stand beskadig. Hy sal die jongste inligting verskaf oor ingryping volgens die Nasionale Waterkrisis-aksieplan, pogings teen onwettige mynbedrywighede, en hoe om munisipaliteite se vermoë […]
# Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê hulle is vasbeslote om sake reg te stel na die nederlaag van 33-16 teen die All Blacks in die eerste toets in Johannesburg. Handrè Pollard keer terug op losskakel vir Saterdag se tweede toets in Kaapstad, en Cobus Reinach en Ethan Hooker is ingesluit. Siya Kolisi sal speel as […]
# Die minister van Wetenskap, Tegnologie en Innovasie, Blade Nzimande, sê Suid-Afrika kan nie sy ontwikkelings-ambisies bereik as vroue en meisies uitgesluit word van geleenthede in wetenskap, tegnologie en innovasie nie. Daar was vordering wat vroue se deelname aan wetenskap en navorsing betref, met vroue wat 52-persent uitmaak van die akademiese werksmag en 47,7-persent van […]