# Die Nelson Mandela-universiteit in Gqeberha in die Oos-Kaap is op koers om teen Mei volgende jaar ongeveer 80-persent van sy elektrisiteit uit hernubare energie te verkry. Die instelling sal tot 55-persent van die elektrisiteitshandelaar Etana ontvang, terwyl sy eie sonkragprojek van 4,4-megawatt tot 30-persent sal bydra. Die stap volg op ernstige beurtkrag in die verlede, toe die universiteit grootliks op dieselopwekkers moes staatmaak. Die projek sal na verwagting jaarliks tot 12-miljoen-rand bespaar en koolstof-uitstraling met ongeveer 12-miljoen ton verminder.
Nelson Mandela-universiteit teiken 80% hernubare energie teen 2027