# Die Nasionale Vervolgingsgesag sê hy sal korrupsie, bedrog en misdaad ondersoek wat noodsaaklike openbare infrastruktuur en dienslewering ondermyn. Dit volg na die inhegtenisneming van sewe werknemers van die Emfuleni-munisipaliteit wat beskuldig word dat hulle geld geëis het om mense weer aan dienste te koppel. Hulle het volgens berigte 150-duisend-rand gemaak uit bedrog, diefstal, geldwassery […]
# Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, sê Suid-Afrika versnel die lewering van infrastruktuur met 81 strategies geïntegreerde projekte wat uit 263 individuele projekte bestaan. Die projekte se gesamentlike waarde is sowat 1,9-duisend-miljard-rand. Die minister sê die afgelope 18 maande is 37 projekte van ongeveer 69-miljard-rand voltooi, terwyl nog 82 projekte, met […]
# Krieket: Suid-Afrika is sonder die veelsydige Jason Smith vir die T20-driehoekreeks teen Zimbabwe en Namibië in Windhoek, nadat die 31-jarige ‘n bytrekspier beseer het. Bjorn Fortuin sal die span aanvoer vir die driehoekreeks, wat van 28 Augustus tot 6 September plaasvind. Smith sal verdere toetse ondergaan om sy beskikbaarheid te bepaal vir die eendagreeks […]
# City Power sê hy maak goeie vordering om elektrisiteit te herstel na gebiede wat deur die brand by die Fordsburg-substasie geraak word. ʼn Ondergrondse brand in tonnels met hoë-spanning-kragkabels het veroorsaak dat die substasie Sondagaand gesluit is. Die verlies aan krag het ook watervoorsiening beïnvloed. City Power se woordvoerder, Isaac Mangena, sê elektrisiteit na […]
# Die Vryheidsfront Plus sê Suid-Afrika kan nie sy handelsmarkte, beleggings en ekonomiese groei volhoubaar herstel as plaaslike regering nie eers herstel word nie. Die party sê wanbestuur, wateronderbrekings, vervalle paaie en swak vullis-bestuur is van die kwessies wat munisipaliteite raak. Woordvoerder Jaco Mulder sê hulle moet terugkeer na die basiese beginsels van bevoegde bestuur, […]
# Rwanda se president, Paul Kagame, verwerp die bewering dat sy land verantwoordelik is vir die huidige konflik in die ooste van die Demokratiese Republiek die Kongo, en sê dis faksies in die DRK. Sy opmerkings volg ná herhaalde pogings, insluitend die Amerikaanse vredesooreenkoms, om die konflik te beëindig. Kagame sê sy land sal by […]