# Die Gautengse polisie het bevestig die liggaam van ‘n sesde vrou is vanoggend aan die Oos-rand gevind. Die omstandighede rondom haar dood is nog onduidelik. Die jongste ontdekking in KwaThema volg op die dood van vyf vroue wie se liggame sedert Julie in Kemptonpark ontdek is, insluitend dié van ‘n vrou gister in Olifantsfontein. Sommige van die slagoffers is langs paaie gevind met tekens van aanranding. Adjunk nasionale polisiekommissaris Tebello Mosikili, sê ondersoekers probeer vasstel of daar ‘n moontlike verband tussen die sterftes is.
Sesde vrou se liggaam in KwaThema ontdek