# Die Posbank het bykans 80-duisend begunstigdes van maatskaplike toelaes gevra om betyds oor te skakel van SASSA se gouekaarte na die Posbank se swartkaarte. Die sperdatum is Maandag. Meer as 1,8-miljoen begunstigdes het reeds oorgeskakel sedert die proses verlede jaar begin het. Woordvoerder Bongani Diako sê bykomende bedryfs-maatreëls is ingestel by kaartvervangingspunte om die […]
# Die Amerikaanse regering het Sirië amptelik verwyder van sy lys van lande wat terrorisme steun. Die land was sedert 1979 op die lys toe Washington oudpresident Hafez al-Assad se regering beskuldig het dat hulle militante groepe ondersteun. Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, sê die besluit erken die positiewe stappe wat die […]
# Die DA in Tshwane sê meer beleggings is nodig om die Rebeccastraat-krematorium te herstel. Die party verwerp ʼn voorstel dat die bestuur van die krematorium in die weste van Pretoria na die metro se Departement van Streeksbedrywighede en Koördinering oorgedra word. Dit word tans deur die stadsbestuurder se kantoor bestuur. Marika Kruger Muller van […]
# Rugby: Die Leeus se hoofafrigter, Ivan van Rooyen, erken hulle is nie ten volle gereed vir die nuwe Verenigde Rugbykampioenskap-seisoen nie, maar gretig om hulle vanaand in Johannesburg teen Nieu-Seeland te toets. Die All Blacks is onoorwonne op hulle Suid-Afrikaanse toer nadat hulle reeds met die Stormers, die Haaie en die Bulle afgereken en […]
# Sokker: Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, het die plaaslike beheerliggaam SAFA gekritiseer oor die vertraging met Pitso Mosimane se aanstelling as nuwe hoofafrigter van Bafana Bafana. SAFA se nasionale uitvoerende komitee het die aanstelling vroeër die maand goedgekeur, maar geen amptelike aankondiging is nog gedoen nie weens mislukking in kontrak-onderhandelings. […]
# Die Stad Kaapstad waarsku dat deelnemers aan onwettige straatwedrenne met die volle mag van die wet te doen sal kry. Verkeersdienste het die naweek in Mitchells Plain daarteen opgetree. Drie mense is aangekeer en hul voertuie geskut. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, sê ʼn geskutte voertuig wat slegs verbind word met […]
# Forum for South Africa vra president Cyril Ramaphosa om die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, te verwyder omdat hy nie daarin slaag om die toenemende misdaad- en geweldsvlakke te verlaag nie. Hy het onlangs verklaar dat misdaad-meesterbreine vanuit magsposisies werk en hulself kan beskerm. FOSA se leier, Tebogo Mashilompane, vra waarom die beplanners […]
# Die Vryheidsfront Plus doen ʼn dringende beroep op polisie en George se munisipale wetstoepassers om sigbaarheid en patrollies by die Tuinroete-dam te verskerp. Die dam is ʼn gewilde ontspanningsarea waar inwoners en besoekers graag stap, draf en fietsry. In die jongste voorval is ʼn 22-jarige vrou aangeval terwyl sy na haar voertuig gestap het. […]