# Die Departement van Binnelandse Sake sê 278 mense wat voor die vlugtelingkantoor in Durban in KwaZulu-Natal kamp, verskuif vandag na die Lindela-repatriasiesentrum in Krugersdorp, Gauteng. Die groep woon reeds drie maande in tente langs Che Guevaraweg nadat hul tydens teen-immigrasie-betogings gevlug het. Die besluit volg ná ‘n week van spanning met die March and March-beweging. Sekere migrante het ingestem om te verhuis uit vrees vir hul veiligheid en moeilike omstandighede. Vlugtelingleiers vergelyk Lindela egter met ‘n gevangenis.
Gemengde reaksie namate gestrande migrante in Durban instem om na Gauteng te verskuif