# ‘n Verslag van die Amerikaanse Departement van Verdediging se inspekteur-generaal toon Amerika se oorlog teen Iran het tussen 28 Februarie en 30 Junie na raming sowat 545-miljard-rand gekos. Net die koste van ammunisie het 364-miljard-rand beloop. Die verslag toon die hoë verbruik van ammunisie het tot tekorte in strategiese voorraadvlakke gelei en druk op die verdedigingsbedryf geplaas om die voorrade aan te vul. Die verslag toon verder omvangryke skade aan Amerikaanse diplomatieke geriewe in Irak, Koeweit, Saoedi-Arabië en die Verenigde Arabiese Emirate weens Iranse aanvalle.
Amerika worstel met tekort aan ammunisie weens duur oorlog in Iran