Skip to content

Krieket: Australiërs gewaarsku hulle gaan herinner word aan skuurpapier-skandaal wanneer hulle weer in Suid-Afrika aankom

# Krieket: Australië se toetsspan keer volgende maand die eerste keer weer na Suid-Afrika terug sedert die skuurpapier-skandaal van die 2017-18-seisoen, en die gewese Protea-kaptein, Graeme Smith, sê hulle gaan beslis daaraan herinner word. Kaptein Steve Smith, onderkaptein David Warner en die bouler Cameron Bancroft is geskors omdat hulle die bal met skuurpapier grof gemaak het tydens die derde toets in Kaapstad, wat Suid-Afrika uiteindelik met 322 lopies gewen het. Graeme Smith sê Australië kan nie wegkom van sy verlede nie.