# Solidariteit het ‘n klag by die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling in Washington, DC, teen Amazon Web Services ingedien oor ‘n besigheidsontwikkelingsprogram wat vereis aansoekers moet 100-persent in swart besit wees. Dirk Hermann van die vakbond sê die vereiste is onregverdig want dit sluit ondernemings met enige wit eienaarskap uit en gaan verder as wat Suid-Afrikaanse wetgewing vereis. Hermann soek bemiddeling en wil hê Amazon moet die rasgebaseerde geskiktheidsvereiste verwyder.
Solidariteit dien ’n klag in teen Amazon oor rasgebaseerde uitsluiting van ondernemings [KLANK]
AFR HermannOnAmazonComplaint