Skip to content

Krieket: Wolvaardt se rekord-honderdtal lei die Protea-vroue na ‘n T20-reeksoorwinning oor Zimbabwe

# Krieket: Die Protea-vroue het Zimbabwe met 80 lopies verslaan in die derde T20-wedstryd in Bulawayo en daarmee die reeks van vyf wedstryde beklink. Kaptein Laura Wolvaardt het ‘n onoorwonne 126 lopies aangeteken, die hoogste T20-telling ooit deur ‘n Protea-vrouespeler en haar 18de honderdtal, wat Smriti Mandhana van Indië se rekord ewenaar. Wolvaardt het ‘n tweedepaaltjie-vennootskap van 173 lopies gedeel met Karabo Meso, wat ‘n onoorwonne 50 bygedra het tot die Proteas se telling van 200 vir een. Zimbabwe is daarna vir 120 uitgeboul nadat Annerie Dercksen vyf paaltjies geneem het.