# Activists and Citizens Forum verwelkom die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging, Andy Mothibi, se besluit om aanklagte teen die geskorste polisiekommissaris, Fannie Masemola, terug te trek. Hy is beskuldig van oortreding van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur oor die Medicare 24-tender. Woordvoerder Dennis Bloem sê die voormalige hoof van die Onafhanklike Direktoraat teen […]
# OpenAI se uitvoerende hoof, Sam Altman, sê die wêreld moet kunsmatige-intelligensiemaatskappye vertrou om die regte ding te doen omdat hulle die druk voel om verantwoordelik op te tree. Daar was die afgelope tyd toenemend kommer oor die tegnologie se moontlike gevare, en Anthropic se hoof, Dario Amodei, doen ʼn beroep dat alle KI-ontwikkeling verlangsaam […]
# Die DA sê die ANC se interne operasionele mislukkings moenie ʼn verskoning wees wat die party toelaat om die reëls vir indiening van kandidaatslyste voor die November-verkiesing te buig nie. Minstens 181 ANC-kandidate se name is nie voor die sperdatum van 28 Augustus op die Verkiesingskommissie se stelsel gelaai nie. Die party blameer ʼn […]
# Die parlementêre Polisiekomitee sê die moorde op agt vroue in Ekurhuleni weerspieël Suid-Afrika se veel breër stryd teen geslagsgeweld en vrouemoord. Die agt liggame is oor ‘n tydperk van twee maande in en om Kemptonpark gevind. Die polisie het reeds ‘n multidissiplinêre span bestaande uit spesialis-speurders, forensiese deskundiges, opsporingskundigheid, polisiehonde en ondersoekende sielkundiges saamgestel. […]
# Die vakbondfederasie COSATU se 15de nasionale kongres het misluk nadat dit gisteraand op die tweede dag van die byeenkoms in Midrand, Johannesburg, verdaag is. Die chaos is veroorsaak deur geskille oor geloofsbriewe, die regsstatus van die vakbondfederasie se eerste adjunkpresident, Mike Shingange, en vrae oor die kongres se wettigheid. Die ANC se nasionale voorsitter, […]
# Eerste minister Mark Carney sê Kanada wil ʼn uitsonderlike ekonomiese en veiligheidsalliansie met die Europese Unie aangaan. Ottawa wil sy ekonomiese afhanklikheid van die Verenigde State verminder nadat die handelsoorlog tussen dié twee lande die afgelope maand verskerp het. Sedert handelsgesprekke verlede maand skielik ineengestort het, probeer die twee lande mekaar, wat tariewe betref, […]