# Die DA sê die ANC se interne operasionele mislukkings moenie ʼn verskoning wees wat die party toelaat om die reëls vir indiening van kandidaatslyste voor die November-verkiesing te buig nie. Minstens 181 ANC-kandidate se name is nie voor die sperdatum van 28 Augustus op die Verkiesingskommissie se stelsel gelaai nie. Die party blameer ʼn tegniese probleem op die stelsel. Die DA se regspan het in die Kieshof aangevoer alle partye is gelyk voor die kommissie, en almal het geweet wanneer die spertyd en -datum was.
DA sê Kieshof moet ANC se “swak” saak oor kandidatelyste teenstaan