# Die Stad Tshwane se Energie- en Elektrisiteitsafdeling en Eskom waarsku oor ‘n kragonderbreking in dele van Soshanguve tot twee-uur vanmiddag. Die onderbreking is om belangrike toetse te doen by die opgeknapte Buffel-invoersubstasie. Eskom en die metro is tans besig met belangrike tegniese werk om seker te maak die stasie werk. Die stad se woordvoerder, […]
# Die DA gaan vandag stem teen die EFF se wantroue-mosie in die speaker van die Nasionale Vergadering. Hoofsweep George Michalakis sê die party was wel baie krities oor hoe Thoko Didiza president Cyril Ramaphosa se aansoek benader het om die ampsklagproses teen hom te stuit. Hy sê hulle stem saam dat ‘n duidelike werwingsbeleid […]
# Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, waarsku kritieke voedselstelsels en mense se lewens en voortbestaan word bedreig te midde van verskeie konflikte. Daar was verlede jaar die meeste gewapende konflikte sedert die Tweede Wêreldoorlog en ook van die hoogste vlakke van akute hongersnood wat nog ooit aangeteken is, met minstens 266-miljoen mense wat […]
# Die polisie en sy wetstoepassingsvennote het op die OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng beslag gelê op twee afsonderlike besendings vermeende kokaïen van ongeveer 200-miljoen-rand. In die eerste voorval is twee groot reistasse by die eindpunt onderskep en 84 kilogram-blokke gevind. Nasionale polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê in die ander voorval is vier houers in […]
# Die Stad Tshwane veroordeel die poging tot grondbesetting in Wyk 86 in Mamelodi. ʼn Persoon, identifiseer as Kgoshi Lekhuleni, hits glo inwoners aan om een van twee erwe te beset. Doreen Mokgolo van die Departement Menslike Nedersettings sê dis munisipale eiendomme. Sy raai inwoners aan om versigtig te wees en nie geld te betaal […]
# Die Gautengse Departement van Gesondheid ondersoek bewerings van omkopery en voorkeurbehandeling deur amptenare. Hulle word na bewering deur sommige pasiënte omgekoop om die toue te omseil wanneer hulle afsprake maak, om toegang tot pasiëntlêers te kry en medikasie by apteke by openbare gesondheidsgeriewe af te haal. Die departement se woordvoerder, Steve Mabona, sê die […]
# Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ‘n Geel Vlak 2-waarskuwing uitgereik vir skadelike wind langs die Wes-Kaapse kus. Die gevaarlike toestande sal na verwagting vanmiddag ooswaarts na Plettenbergbaai versprei. ‘n Woordvoerder vir die Mosselbaai-munisipaliteit, Cornelle Carstens-Johnston, sê die sterk wind kan navigasie bemoeilik en klein hawens en strandaktiwiteite ontwrig: