Skip to content

Cachalia verwelkom onttrekking van strafregtelike aanklagte teen polisiehoof Masemola [KLANK]

# Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, sê hy is verlig dat die strafregtelike aanklagte teen die geskorste nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, teruggetrek is. Masemola is aangekla van oortredings van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur. Dit hou verband met die omstrede Medicare24-tender van 228-miljoen-rand. Die nasionale direkteur van Openbare Vervolging, Andy Mothibi, het die aanklagte onttrek nadat die saak heroorweeg is. Cachalia sê hy het altyd geglo dis onregverdig dat die polisiehoof strafregtelik vervolg kan word:

ENG CachaliaOnMasemola