# Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê spelerbestuur is van die uiterste belang te midde van die span se veeleisende reisprogram die afgelope paar weke. Die Bokke berei tans voor vir volgende naweek se eenmalige toets teen die Wallabies in Perth. Die span het gisteraand in Australië aangekom na hul reeks-oorwinning oor die All Blacks in Baltimore in Rugby’s Greatest Rivalry. Erasmus sê hulle gaan te staan kom teen ‘n vasberade Wallabie-span wat ‘n goeie vertoning voor hul tuisskare wil lewer.
Rugby: Bok-afrigter sê spelerbestuur is noodsaaklik voor eenmalige toets teen Wallabies