# ‘n Regskenner is bekommerd dat SASSA se outomatiese stelsel wat aansoekers se geskiktheid vir die maatskaplike noodtoelaag bepaal, mense verkeerdelik afkeur. Die ten volle digitale aansoekproses laat slegs aanlyn aansoeke toe, en maak staat op outomatiese beheermaatreëls waar die banksaldo die bepalende maatstaf van die aansoeker se finansiële vermoë is. Busisiwe Kamolane-Kgadima van die Wits-sentrum vir Toegepaste Regstudies sê ‘n stelsel wat slegs op bankbesonderhede staatmaak sonder om aansoekers kans te gee om bykomende inligting te verskaf, neem nie die persoon se ware finansiële situasie in ag nie.
SASSA se digitale stelsel sluit kwesbare burgers uit