# Suid-Afrika en Brasilië het hul verbintenis herbevestig om bilaterale betrekkinge te versterk tydens die agtste sitting van hul gesamentlike kommissie in Pretoria. Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, en sy Brasiliaanse ampsgenoot, Mauro Vieira, het besprekings gelei oor handel, landbou, energie, verdediging, gesondheid, mynbou en tegnologie, en samewerking deur BRICS, die […]
# Tennis: Inwoners van New York kry die kans om goedkoper kaartjies te koop vir die Amerikaanse Ope. Die burgemeester Zohran Mamdani en die Amerikaanse Tennisvereniging het aangekondig ‘n duisend kaartjies sal beskikbaar wees teen ‘n honderd dollar – ongeveer een-duisend-600-rand – elk in ‘n poging om die toernooi meer bekostigbaar te maak vir plaaslike […]
# Standard Bank het die tien finaliste vir sy Nasionale Kasi-kleinsakekompetisie aangekondig. Hulle sal môre tydens die Kasi-kleinsakeberaad in Gqeberha meeding om die groot prys van ‘n miljoen-rand. Die groep bestaan uit nege provinsiale wenners en een deelnemer wat die publiek aangewys het. Die entrepreneurs werk in verskeie bedrywe, insluitend landbou, gesondheidsorg, vervaardiging en bouwerk. […]
# Tennis: Die Switserse legende Roger Federer het ‘n suksesvolle terugkeer gemaak na Flushing Meadows in New York tydens vertoonwedstryde tussen gewese kampioene voor die Amerikaanse Ope. Die 45-jarige Federer het eers vir Andy Roddick in ‘n enkelspelwedstryd geklop voor hy en John McEnroe vir Roddick en nog ‘n Amerikaner, Andre Agassi, in ‘n dubbelspelwedstryd […]
# ‘n Polisiekaptein wat die moord op die voormalige burgemeester van Knysna, Aubrey Tsengwa, ondersoek, is vanoggend dood tydens ‘n skietgeveg. Die offisier van die Taktiese Reaksiespan is verlede week na die Wes-Kaapse dorp ontplooi na die moord op Tsengwa en nog twee ANC-politici, Mandla Matiwane en Mandla Tyololo. Polisiewoordvoerder Novela Potelwa sê die beampte […]
# Die Sentrum vir Menseregte in Iran veroordeel Teheran se voorgestelde wetgewing om kontak en onderhoude met buitelandse media strafbaar te maak. Dit volg te midde van wyer staats-optrede teen die deel van inligting met die buiteland. Die wetgewing kan daartoe lei dat oortreders tussen ses maande en twee jaar tronkstraf opgelê word. Die sentrum […]