Nuus 13:00
BULLETIN 16 September 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Verkiesingshof verwerp die ANC se aansoek teen die OVK oor die laat indiening van kandidate-lyste
# Forum for South Africa vra ‘n dringende aksieplan nadat nog ‘n vrou se liggaam in Ekurhuleni ontdek is
# En al vier openingskunstenaars onttrek aan Ed Sheeran se toer in Noord-Amerika
# Die ANC het sy saak in die Verkiesingshof teen die Onafhanklike Verkiesingskommissie verloor rakende die laat indiening van kandidatetlyste vir ses munisipaliteite voor die plaaslike regeringsverkiesing. Die hof het die ANC se betoog verwerp dat die besonderhede van die 181 betrokke benoemings steeds as finale kandidatelyste aanvaar moet word. Die hof het die DA toestemming gegee om tot die saak toe te tree, terwyl die African Transformation Movement se laat aansoek om toetrede van die hand gewys is. Daar was geen kostebevel nie.
# Solidariteit sê dis tyd vir Suid-Afrika om rasgebaseerde beleidsmaatreëls te skrap – nie omdat Amerika dit vereis nie, maar omdat dit die regte ding is om te doen. Amerika het nuwe visumbeperkings aangekondig teen mense wat rasgebaseerde diskriminasie bevorder, geweld teen Afrikaners en ander minderheidsgroepe aanhits of onteiening sonder vergoeding moontlik maak. Woordvoerder Jaco Kleynhans sê rasgebaseerde beleid strook nie met verskeie internasionale ooreenkomste nie en bevoordeel slegs ‘n bevoorregte minderheid:
# Forum for South Africa is diep bekommerd en woedend oor die ontdekking van nog ‘n vrou se liggaam in Ekurhuleni, Gauteng, wat die totaal in die omgewing van Kemptonpark op agt te staan bring. Die forum se leier, Tebogo Mashilompane, vra die onmiddellike aktivering van ‘n 72-uur-reaksieplan wat die polisie, waarnemende minister Firoz Cachalia, waarnemende kommissaris Puleng Dimpane en alle ander toepaslike wetstoepassings-agentskappe insluit:
Nuus uit die buiteland:
# Al vier kunstenaars wat sou optree in die voorprogram van die Britse sanger Ed Sheeran se Noord-Amerikaanse toer, het onttrek uit solidariteit met die kletsrymer Macklemore, wat verwyder is nadat hy pro-Palestynse uitlatings gemaak het. Macklemore het tydens konserte in New Jersey ‘n vrye Palestina bepleit en beelde van die verwoesting in Gaza vertoon. Finneas, Aaron Rowe, Beoga en Lukas Graham het onttrek en sê kunstenaars behoort nie stilgemaak te word oor die oorlog in Gaza nie. Sheeran sê die besluit oor Macklemore was die organiseerder s’n en nie syne nie.
# Sokker: Die Stad Kaapstad versterk sy vennootskap met Oasis Reach for Your Dreams deur middel van die Hawelose Wêreldbeker-program en gebruik die spel om hawelose mense te ondersteun. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Francine Higham, sê agt spelers is gekies om Suid-Afrika in Januarie op die Wêreldbekertoernooi in Mexiko te verteenwoordig nadat byna 60 spelers aan keurings deelgeneem het:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-28-sent teen die dollar, 18-rand-79-sent teen die euro en 21-rand-93-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 75-duisend-835-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-334-dollar-35-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 108-dollar-76-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….