# Al vier kunstenaars wat sou optree in die voorprogram van Ed Sheeran se Noord-Amerikaanse toer, het onttrek uit solidariteit met die kletsrymer Macklemore, wat verwyder is nadat hy pro-Palestynse uitlatings gemaak het. Macklemore het tydens konserte in New Jersey ‘n vrye Palestina bepleit en beelde van die verwoesting in Gaza vertoon. Finneas, Aaron Rowe, Beoga en Lukas Graham het onttrek en sê kunstenaars behoort nie stilgemaak te word oor die oorlog in Gaza nie. Sheeran sê die besluit oor Macklemore was die organiseerder s’n en nie syne nie.
Al vier openingskunstenaars onttrek aan Ed Sheeran se toer