# ‘n Senior spesialis in die finansiële sektor van die Wêreldbank, Laura Pop, het voor die Madlanga-kommissie getuig ‘n funksionerende regbank op sy eie is nie genoeg om doeltreffende geregtigheid te waarborg nie. Pop sê swakhede in die stelsel kan aanspreeklikheid en openbare vertroue in die regstelsel ondermyn. Sy sê Kenia se keuringsproses vir regters en Oekraïne se teenkorrupsiehowe is voorbeelde van hervormings wat gebrekkige instellings kan regruk: Pop sê buitengewone integriteits-ondersoeke moet ‘n balans handhaaf tussen individuele regte en die openbare belang van regs- en wetstoepassingsinstellings wat deursigtig is:
Wêreldbank-kenner steun integriteitsoorsigte om SA se regstelsel te versterk [KLANK]
ENG-PopOnJudiciary