Skip to content

Soektog aan die gang ná ontvoering van voormalige SABC Sport-aanbieder

# Die polisie het soek na die voormalige SABC-sportaanbieder en sakeman Owen Ndlovu, wat na bewering voor ‘n kerk in Katlehong aan die Gautengse Oos-rand ontvoer is. Die polisie sê Ndlovu het sy vrou opgelaai toe drie gewapende mans die egpaar nader. Sy vrou is eenkant toe gestamp voordat die verdagtes Ndlovu in sy Ford Raptor gedwing en daarmee weggejaag het. Die voertuig is later verlate gevind, maar Ndlovu word steeds vermis. Die polisie ondersoek ontvoering en kaping en vra mense met inligting om na vore te kom.