# Motoriste moet Vrydag 28 Augustus verkeersontwrigtings in Fourways verwag as gevolg van die Johannesburgse Metropolisiedepartement se Vrouemaand-bewusmakingstaptog. Woordvoerder Xolani Fihla sê die staptog is vanaf 10-uur tot 12-uur met ongeveer 300 deelnemers. Die roete begin by Uraniumpark in Uraniumstraat, beweeg dan links op Winnie Mandela-rylaan, verby Pieter Wenningweg en daarna na die Indaba Hotel. […]
# Premier Foods lig vakbonde vandag in oor alternatiewe tot die voorgestelde sluiting van sy vrugte-inmaakaanleg in Tulbagh in die Wes-Kaap. Die maatskappy het glo verskeie voorstelle gedoen, soos om beleggers of kopers te vind of die aanleg te verskuif. Die sluiting is verlede maand aangekondig, slegs vier maande na sy samesmelting met die Rhodes-kosgroep. […]
# Suid-Afrikaanse mynmaatskappye versnel belegging in hernubare energie om koste te besnoei, kragvoorrade te diversifiseer en afhanklikheid van Eskom te verminder. Anglo American en Sibanye-Stillwater is onder die maatskappye wat saam met onafhanklike produsente werk om wind- en sonkrag te verkry. Anglo se Envusa Energy-onderneming genereer tans 520-megawatt, terwyl Sibanye 835-megawatt gekontrakteer het. Die uitvoerende […]
# Demokrate in die Amerikaanse Senaat het die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu, versoek om die toename in geweld deur Israelse setlaars op die besette Wesoewer en Israelse veiligheidsmagte se massa-inhegtenisnemings van Palestyne hok te slaan. Twee-en-veertig uit die 47 lede van die Demokratiese koukus in die Senaat het ‘n skrywe aan Netanyahu onderteken oor […]
# Johannesburg Water sê die Stad gebruik sowat 200-megaliter meer water per dag as sy voorsieningsteiken, wat druk op die stelsel plaas. In ‘n onderhoud met eNCA sê bestuurder Gugulethu Quma die daaglikse vraag is gemiddeld tussen een-duisend-700 en een-duisend-750-megaliter teenoor ‘n teiken van een-duisend-500 tot een-duisend-550 megaliter. Hy sê die Stad bespaar water oornag […]
# Die Parlement se Portefeuljekomitee oor Landbou het die ANC-Parlementslid Nomasonto Motaung verkies as sy nuwe voorsitter. Motaung volg die waarnemende voorsitter Nobuhle Nkabane op, wat oorgeneem het toe Dina Pule in Junie aangestel is as die minister van Maatskaplike Ontwikkeling. Die voormalige adjunkminister in die Presidensie sê landbou is uiters belangrik vir voedselsekerheid, ekonomiese […]
# Duisende Dolly Parton-aanhangers het blomme, ballonne en kaartjies by die huis van die Amerikaanse musiekikoon gelaat. Parton is gister op 80-jarige ouderdom in Tennessee oorlede. Kanker is vroeër as die oorsaak van haar dood onthul nadat sy die diagnose privaat gehou het. Parton het meer as drie-duisend liedjies geskryf en meer as 100-miljoen plate […]