Skip to content

Sokker: Italië verbied 16 Roma-ondersteuners oor fascistiese saluut

# Sokker: Italië het 16 ondersteuners van AS Roma verbied om stadions regoor die land te betree nadat hulle tydens ‘n Serie A-tuiswedstryd teen Atalanta die fascistiese saluut gemaak het. Die verbod, wat wissel van een tot vyf jaar, geld ook vir Roma se oorsese wedstryde en wedstryde van die nasionale span. Reuters berig die fascistiese saluut word nie uitdruklik in Italië verbied nie en howe beoordeel die gebaar van geval tot geval. Dit kan egter vervolg word kragtens wette wat die herlewing van die Fascistiese Party en die aanhitsing van rassehaat verbied.