# Die DA het ‘n bykomende kontantbeloning van 500-duisend-rand aangebied vir inligting wat kan help met die ondersoek na die dood van agt vroue in Kemptonpark, Ekurhuleni. Die polisie het reeds ‘n kontantbeloning van 400-duisend-rand aangebied. Twee van die agt liggame is geïdentifiseer, terwyl die identiteit van die oorblywende ses slagoffers steeds onbekend is. Die […]
# President Cyril Ramaphosa is weens gesondheidsprobleme vrygestel van openbare verpligtinge. Die Presidensie sê sy mediese span hom aangeraai om te rus en te herstel nadat hy Maandag van die BRICS-beraad in Indië teruggekeer het. Volgens die Presidensie het die president, waar moontlik, die betrokke ministers gevra om hom by geskeduleerde openbare geleenthede te verteenwoordig. […]
# Build One South Africa vra weer dat die register van seksuele oortreders vir die publiek toeganklik gemaak behoort te word, onderhewig aan gepaste wetlike waarborge. BOSA voer aan gemeenskappe het ‘n reg wanneer dit kom by openbare veiligheid om te weet of persone wat aan seksuele misdrywe skuldig bevind is, in hul midde woon […]
# AfriForum sê regulasies wat toelaat dat sekere rybewyse vir tien jaar geldig is, moet sonder versuim in werking gestel word. Die burgerregte-organisasie ondersteun die voorgestelde veranderings maar wil hê die verlengde geldigheid moet van toepassing wees op alle lisensiekategorieë, insluitend swaarvoertuiglisensies, wat andersins vir vyf jaar geldig sou wees. Louis Boshoff van AfriForum sê […]
# SaveAct sê hy bemagtig vroue en jongmense in plattelandse gemeenskappe deur middel van spaargroepe wat toegang bied tot bekostigbare finansiering, asook opleiding in finansiële geletterdheid en ondernemingsontwikkeling. Die organisasie het sedert 2005 meer as 115-duisend mense deur ongeveer vyf-duisend-sewe-honderd spaargroepe bereik. Belinda Glenn van SaveAct sê die organisasie is werksaam in KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap, […]
# Die Gautengse Departement van Onderwys skuld meer as twee-duisend skole ongeveer 971-miljoen-rand aan onbetaalde befondsing. News24 berig die geld is bedoel vir handboeke, instandhouding en ander basiese skoolbehoeftes. Die departement het gesê kontantvloeiprobleme het tot die vertragings gelei en dat betalings gemaak word namate fondse beskikbaar raak. Daar word bykans 473-miljoen-rand aan die armste […]
# Rugby: Die Springbok-vroue sal môre in hul openingswedstryd van die W-15 Global Series teen Wallis op Cardiff Arms Park uitdraf met ‘n gewysigde agterlyn en een verandering onder die voorspelers. Logan Welman begin in die nommer 8-trui in die plek van Aseza Hele, wat op die bank sal wees. Onder die agterspelers begin Felicia […]
# Rugby: Die Haaie se hoofafrigter, JP Pietersen, het ‘n groep van 67 spelers vir die 2026/27-seisoen van die Verengide Rugbykampioenskap aangekondig, voor die eerste wedstryde volgende naweek. Die groep van 67 bestaan uit 31 agterspelers en 36 voorspelers en skep ‘n balans tussen jeug en ervaring. Onder die spelers wat ingesluit is, tel die […]
# Motorsport: Monaco sal volgende jaar ook ‘n Formule Een-snelren aanbied, wat die totaal op tien te staan bring. Die beheerliggaam, F-I-A, het die kalender vir 2027 bevestig, met 24 Grand Prix-wedrenne wat in 22 lande sal plaasvind. Die Europese skof sluit die terugkeer van die Portugese wedren in Junie in, terwyl Turkye in Oktober […]