Skip to content

Rugby: Springbok-vrouespan herskommel vir wedstryd teen Wallis

# Rugby: Die Springbok-vroue sal môre in hul openingswedstryd van die W-15 Global Series teen Wallis op Cardiff Arms Park uitdraf met ‘n gewysigde agterlyn en een verandering onder die voorspelers. Logan Welman begin in die nommer 8-trui in die plek van Aseza Hele, wat op die bank sal wees. Onder die agterspelers begin Felicia Jacobs as skrumskakel saam met losskakel en onderkaptein Libbie Janse van Rensburg. Maceala Samboya is terug in die span as buitesenter en Maria Tshiremba as vleuel. Die afskop is om 8.15nm.