# Die EFF se mosie van wantroue in die Speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, het gister misluk. Altesaam 282 parlementslede het teen die mosie gestem en 101 ten gunste. Die EFF-leier Julius Malema het die mosie in Junie ter tafel gelê omdat Didiza nie president Cyril Ramaphosa se aansoek in die Wes-Kaapse Hooggeregshof […]
# Die EFF-leier Julius Malema sê die Speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, het nie haar grondwetlike verantwoordelikhede met onafhanklikheid, onpartydigheid en integriteit nagekom nie. Sy het nie president Cyril Ramaphosa se interdik om die verrigtinge van die Ampsklagkomitee te staak, betwis nie. Die party se mosie van wantroue teen Didiza in die Parlement […]
# China se ministerie van Buitelandse Sake het sy burgers versoek om Eswatini weens veiligheidsrisiko’s te verlaat of te verskuif na veiliger lande, insluitend naburige Suid-Afrika. Die raad volg op die Suider-Afrikaanse koninkryk se onderdrukking van onwettige aanlyn dobbelbedrywighede, wat gelei het tot die inhegtenisneming van tientalle Chinese burgers. Die ministerie sê die veiligheidsituasie in […]
# Die DA sê politieke ampsdraers in Noordwes moet onderwerp word aan verpligte en onafhanklike leefstyloudits. Die party voer aan finansiële verklarings alleen is nie genoeg nie en moet geverifieer word om moontlike belangebotsings, onverklaarbare rykdom en ander finansiële rooi vlae te identifiseer. Freddy Sonakile van die DA sê die oudits moet regverdig en onafhanklik […]
# Die sakeman Vusimuzi “Cat” Matlala sê sommige gesprekke wat hy met die kommissaris van Polisie van KwaZulu-Natal, Nhlanhla Mkhwanazi, gehad het, het tot sy arrestasie gelei. Matlala het aan die Madlanga-kommissie gesê die voormalige minister van Polisie, Bheki Cele, het probeer om ‘n vergadering tussen hom en Mkhwanazi te reël. Matlala het voor getuienisleier […]
# Die ANC-jeugliga in Ekurhuleni eis dringende aanstellings vir jongmense wat aansoek gedoen het vir skoonmaker-, sekuriteits- en grassnyposte in die munisipaliteit. Hulle beskuldig die stad se menslike hulpbronne-afdeling dat hulle die werwingsproses vertraag het, al is die poste geadverteer, en begroot en goedgekeur. Die streekwoordvoerder van die liga, Poula Mmakola, vra ‘n skriftelike reaksie […]
# Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus hoop Kaapstad sal Saterdag Johannesburg se voorbeeld volg deur die All Blacks se haka te respekteer voor die tweede toets. Hy het die Hoëveldse toeskouers gevra om stil te bly tydens die uitdaging voor die eerste toets nadat uitroepe van “olé olé” die haka oordonder het tydens vorige wedstryde in […]
# Rugby: Die laaste rondte van die Curriebeker-groepwedstryde vind hierdie naweek plaas, en die Haaie-afrigter Mike Vowles het min veranderings aangebring vir môre se wedstryd teen die Blou Bulle in Durban. Hy het slegs sy losvoorspelers wat in die vorige rondte teen die Leeus diens gedoen het, aangepas, met Hanu Pieterse wat terugkeer as nommer […]
# Die voorsitter van die Verkiesingskommissie, Mosotho Moepya, sê tradisionele leiers is noodsaaklik om toestande vir vrye en regverdige verkiesings te skep. Moepya het tydens die OVK se vergadering met die Kongres van Tradisionele Leiers van Suid-Afrika in Gauteng, gesê tradisionele owerhede help om dissipline, respek en orde in gemeenskappe te handhaaf. Hy sê konsultasie […]