# Katar se ministerie van Buitelandse Sake veroordeel die Houthi-hommeltuigaanval op Mekka, Islam se heiligste stad, en beskryf dit as ʼn skaamtelose daad van aggressie. Saoedi-Arabië het die Houthi-hommeltuig Dinsdag afgeskiet. Dis die eerste keer in byna ʼn dekade dat die Iran-gesteunde rebellegroep van Jemen Mekka teiken. Die ministerie sê die gewydheid en veiligheid van heilige plekke en veiligheid van dié wat dit besoek, moenie in tye van konflik geteiken, bedreig of misbruik word nie. Hy sê Katar ondersteun Saoedi-Arabië se maatreëls om sy veiligheid en gebied te beskerm.
Katar sê Houthi-aanval op Mekka is “skaamtelose daad van aggressie”