# Die voormalige SABC-sportaanbieder en musiekregte-aktivis, Owen Ndlovu, is gister in Thokoza, Ekurhuleni, dood aangetref nadat hy in Katlehong ontvoer is. Volgens die polisie het drie onbekende, gewapende mans Ndlovu gekaap en ontvoer toe hy Dinsdagaand sy vrou by die kerk gaan haal het. Sy vrou het die aanval oorleef en die gekaapte bakkie is later verlate in Walkerville gevind. Ndlovu se liggaam is langs ʼn pad in Thokoza aangetref, en het volgens berigte skietwonde gehad. Die polisie soek na die drie verdagtes.
Ontvoerde gewese SABC-sportaanbieder Owen Ndlovu dood aangetref in Oos-Rand