# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê die eensydige visumbeperkings wat Amerika aangekondig het, stem ooreen met drukgroepe wat minderhede en Afrikaners verteenwoordig se voorstelling van Suid-Afrika se binnelandse beleid. Die beperkings is gemik op mense wat volgens Amerika rassediskriminasie bevorder, geweld teen Afrikaners en ander minderheidsgroepe aanhits, en grondonteiening sonder vergoeding moontlik maak. Lamola se woordvoerder, Chrispin Phiri, sê Suid-Afrika sal voortgaan om dialoog met die Amerikaanse regering na te streef:
Lamola verbind Amerika se visumbeperkings met drukgroepe wat Afrikaner-belange verteenwoordig [KLANK]
ENG PhiriOnPolicies