# Minstens 157 mense is dood en meer as 300 buitelanders, insluitend minstens vier Suid-Afrikaners, word vermis na ʼn massiewe kitsvloed en modderstorting in Nepal. ʼn Enorme wal modder en rotse het in die rivier op die Himalaja-grens tussen Nepal en Tibet gestort, en die kitsvloed veroorsaak. In China is drie mense dood en meer […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 27 Augustus 2026: NASIONAAL: # Business Day: Berig die DA het teen die EFF se mosie gestem om die Speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, te verwyder. Die party sê verwydering sal parlementêre hervormings wat aan die gang is, ondermyn. # En die Netwerk24-webblad: Berig die […]
# Die akteur Tim Curry, veral bekend vir sy vertolkings in The Rocky Horror Picture Show, Clue en die TV-minireeks It, is op 80-jarige ouderdom oorlede by sy huis in Toluca Lake, Los Angeles. Hy het ook in flieks soos Annie, The Hunt for Red October, Home Alone 2 en Scary Movie 2 verskyn. Curry […]
# Tennis: Die driemalige Grand Slam-kampioen, Stan Wawrinka, is op die nippertjie as promotorskeuse aanvaar in die Amerikaanse Ope se mans-enkelspel-trekking. Die 41-jarige Switser wat die einde van die jaar uittree, het aanvanklik nie daarvoor gekwalifiseer nie. Die Amerikaanse tennisvereniging het kritiek ontvang na die besluit. Die Amerikaanse promotorskeuse, Patrick Kypson, moes egter weens ʼn […]
# Die Verkiesingshof het bevind die GOOD-party het die Wet op Politieke Befondsing oortree wat ʼn onverklaarde veldtog-skenking van 900-duisend-rand betref. Die party het versuim om die skenking, om T-hemde en promosie-items te koop voor die 2021 munisipale verkiesing, te verklaar. Die hof het die party beveel om 50-duisend-rand te betaal vir oortreding van Artikel […]
# Build One South Africa se leier, Mmusi Maimane, sê die party se verkiesingsveldtog is vereenvoudig, professioneel georganiseer en bied kiesers landwyd geloofwaardige kandidate. BOSA gaan in die November-verkiesing met 794 kandidate in 24 munisipaliteite in vyf provinsies deelneem. Die meeste van sy kandidaatlyste is in Johannesburg, Tshwane, Ekurhuleni, Kaapstad en Mangaung. Maimane sê BOSA […]
# President Donald Trump sê hy glo nie Iran se opperleier, Ayatollah Mojtaba Khamenei, is dood nie. Die seun van die voormalige opperleier, Ayatollah Ali Khamenei, is as Iran se nuwe leier gekies nadat sy pa in Februarie in Amerikaanse aanvalle dood is. Die jonger Khamenei het sedertdien nog nooit in die openbaar verskyn nie. Volgens […]