# Die Madlanga-kommissie se eerste verhoor was vandag ʼn jaar gelede. Die kommissie toon vordering met sy ondersoek na misdaad, politieke inmenging en korrupsie in Suid-Afrika se regstelsel. Dit het in 174 dae se verhore 110 mense se getuienis aangehoor, onder andere ʼn kabinetsminister, polisiebeamptes, lede van die Valke, die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie en privaat […]
# ‘n Senior ekonoom van FNB, Siphamandla Mkhwanazi, sê die herverskyning van verhoogde geopolitieke spanning, hoër oliepryse en die moontlikheid van hoër huishoudelike leningskoste dui daarop dat verbruikersbegrotings onder druk gaan bly. Kleinhandelverkope was in Julie positief met ‘n toename van 3,4-persent jaar-tot-jaar-groei na 1,1-persent in Junie. Mkhwanazi sê dit veronderstel dat verbruikers se besteding beter […]
# Die onderwysvakbond SADOU sê hy ondersteun COSATU se besluit om sy 15de nasionale kongres te verdaag. Dit volg nadat ʼn geskil oor die status van die eerste adjunkpresident, Mike Shingange, bygedra het dat die vakverbond nie ʼn kworum kon bereik nie omdat geaffilieerde vakbonde en afgevaardigdes hul geloofsbriewe weerhou het. SADOU se woordvoerder, Nomusa […]
# Die Wes-Kaapse polisie soek na verdagtes nadat drie mans in Makhaza, Khayelitsha, in Kaapstad doodgeskiet is. Die polisiewoordvoerder, Frederick van Wyk, sê beamptes het gereageer op ʼn skietvoorval in Joe Gqabi-straat waar hulle die liggaam van ʼn volwasse man met talle skietwonde in ʼn grys Toyota-voertuig aangetref het. Hy sê sowat 500 meter van […]
# Die Mining Affected Communities United in Action het president Cyril Ramaphosa versoek om nie die Nasionale Polisiekommissaris. Fannie Masemola, se skorsing op te hef nie al is die strafregtelike klagtes teen hom teruggetrek. Hy het vier aanklagte onder die Wet op Openbare Finansiële Bestuur in die gesig gestaar weens die onwettige toestaan van ‘n […]
# Die vakverbond SAFTU het woede uitgespreek oor die voortdurende lewensverlies by Harmony Gold. Die afgelope vyf jaar is 46 mynwerkers by Harmony dood, waarvan agt vanjaar was. In die jongste voorval is ʼn werker verlede week dood na ʼn ondergrondse seismiese voorval by die Mponeng-myn aan die Gautengse Wes-Rand. SAFTU-woordvoerder, Asive Dyani, sê hulle verwerp […]