# Die Mining Affected Communities United in Action het president Cyril Ramaphosa versoek om nie die Nasionale Polisiekommissaris. Fannie Masemola, se skorsing op te hef nie al is die strafregtelike klagtes teen hom teruggetrek. Hy het vier aanklagte onder die Wet op Openbare Finansiële Bestuur in die gesig gestaar weens die onwettige toestaan van ‘n tender van 228-miljoen-rand aan Medicare24. Christopher Rutledge van die organisasie sê Masemola se skorsing moet eers opgehef word nadat die Madlanga-Kommissie sy oorweging van die tender afgehandel het:
Aksiekomitee vra Ramaphosa om nie polisiehoof Masemola se skorsing op te hef nie
ENG RutledgeONMasemola