# Die Kaapse Onafhanklikheidsparty vra ʼn volledige ondersoek na bewerings dat ʼn pasiënt in Julie verlede jaar mishandel is in die Tygerberg- en die Karl Bremer-hospitaal in Kaapstad. Woordvoerder Andrew van Vuuren sê hulle het ʼn omvattende klagte van ʼn pasiënt se man ontvang. Dit bevat kliniese rekords, foto’s en ander dokumentasie. Van Vuuren sê […]
# KwaZulu-Natal se polisie het ʼn verdagte in Inanda doodgeskiet wat gesoek is vir ernstige en geweldsmisdade soos moord, poging tot moord, ontvoering en huisroof. Polisiewoordvoerder Robert Netshiunda sê hulle het inligting ontvang dat die verdagte by ʼn huis in Ndimande-weg in die Mzomusha-gebied van Newtown C is. Hy sê hulle het vyf mans in […]
# Rugby: Die gewese Engelse losskakel Stuart Barnes sê dit sal ‘n span aangevoer deur ‘n talentvolle speler soos Ardie Savea van Nieu-Seeland of Antoine Dupont van Frankryk vereis om die Springbokke in volgende jaar se Wêreldbekertoernooi te klop. Suid-Afrika gaan volgende jaar in Australië probeer om ‘n ongeëwenaarde derde agtereenvolgende titel te wen. Barnes […]
# Die DA beskuldig premier Panyaza Lesufi van voortslepende mislukking om inwoners, veral vroue, te beskerm al spog hy met sy tegnologies gevorderde misdaadbekampingstegnieke. Dit volg terwyl die polisie die ontdekking van agt vroue se liggame in Kemptonpark ondersoek. Solly Msimanga van die DA sê die kwessie van veiligheid en misdaad in Gauteng word vererger […]
# Die Vryheidsfront Plus sê hy ondersteun die versoekskrif oor Gauteng se skoolsubsidies wat Solidariteit en die Skole Ondersteuningsentrum aan die parlement voorgelê het. Die Gauteng-Onderwysdepartement skuld 971-miljoen-rand aan twee-duisend-202 skole vir aankoop van handboeke, onderhoud en munisipale dienste. Wynand Boshoff van die VF Plus sê die versoekskrif versoek die parlement om formeel ondersoek in […]
# President Donald Trump van Amerika dreig om “streng tariewe” in te stel of handel met die Europese Unie te staak indien Kanada dié blok se eerste assosiaatlid word. Kanada is tans in ʼn handelsoorlog met Amerika gewikkel, wat veroorsaak dat Ottawa nouer ekonomiese en veiligheidsbande met Europa soek. Trump, wat herhaaldelik voorgestel het dat […]
# Die LUR vir Paaie en Vervoer in Gauteng, Kedibone Diale-Tlabela, sê die opgegradeerde R-568 in Bronkhorstspruit, Tshwane, sal die skakel tussen gemeenskappe en ekonomiese aktiwiteite in die streek versterk. Die pad is ‘n belangrike skakel tussen die N-4 en D-670 interseksies in Bronkhorstspruit. Die omvang van die projek het die rehabilitasie en opgradering van […]