# Die GOOD-party wil appelleer teen die Verkiesingshof se beslissing dat hy die Wet op die Befondsing van Politieke Partye oortree het. Die hof sê GOOD en sekretaris-generaal Brett Herron het versuim om ʼn skenking van 900-duisend-rand voor 2021 se munisipale verkiesing te verklaar. GOOD moet 50-duisend-rand betaal vir die oortreding van Artikel 9, en die […]
# Tennis: Die Tsjegge Karolina Muchova en Jakub Mensik is die nuwe Amerikaanse Ope-gemengde dubbelspelkampioene. Hulle het 17,6-miljoen-rand verdien nadat hulle Belinda Bencic van Switserland en die Italianer Flavio Cobolli verslaan het vir hul eerste Grand Slam-titel. Muchova en Mensik het die eindstryd bereik nadat hulle in die halfeindronde twee wedstrydpunte afgeweer het teen Mirra […]
# Kaapstad se stadsraad het die bygewerkte Padveiligheidstrategie ná ʼn openbaredeelname-proses amptelik goedgekeur. Die strategie gee riglyne aan die metro se pogings om paaie veiliger te maak en die aantal ongelukke en sterftes te verminder. Die burgemeesterskomiteelid vir Stedelike Mobiliteit, Rob Quintas, sê die bygewerkte strategie hanteer onder meer padveiligheid vir voetgangers, leerdervervoer, en gebruikers […]
# Die parlementêre portefeuljekomitee oor Maatskaplike Ontwikkeling vra die Posbank en die maatskaplike sekerheidsagentskap SASSA om rekenskap te gee van hulle gereedheid voor Maandag se vervaldatum van kaarte. Die migrasie van SASSA se gouekaart na die Posbank se swartkaart vind plaas weens kommer oor sekerheid. Die komitee se voorsitter, Bridget Masango, sê sy het voorheen […]
Die parlementêre portefeuljekomitee oor Water en Sanitasie sê die water-waardeketting kan slegs doeltreffend funksioneer indien alle afdelings werk, maar tans is munisipaliteite die swak skakel. Die komitee het ʼn bywerking van die Departement van Water en Sanitasie ontvang ná ingryping volgens Artikel 63 van die Wet op Waterdienste. Voorsitter Leon Basson sê aansienlike vordering is […]
# Die Vryheidsfront Plus sê die Ekurhuleni Metro-Speaker, John Senona, se aanhoudende onbevoegdheid om drie vakante voorsittersposte in toesigkomitees te vul, plaas die Raad se vermoë om sy toesigfunksie te vervul in gevaar. Die voorsittersposte vir Water, Sanitasie en Energie; Gender, Kinders, Jeug en Persone met Gestremdhede; asook die Staande Komitee oor Integriteit; is sedert […]
# Die parlementêre ad hoc-komitee vergader vandag om verder oor sy voorlopige verslag te beraadslaag. Die komitee ondersoek nasionale veiligheid ná bewerings van politieke inmenging, korrupsie en misdadigers wat die Suid-Afrikaanse Polisiediens geïnfiltreer het. Bewyse uit getuienisse voor die komitee dui op sistemiese swakhede in die SAPD: die bestuur van spesialis-eenhede is onvoldoende, en dossierbeheer, […]