# Rugby: Die Stormers-23 word versterk deur die terugkeer van die heelagter Dylan Miller en die slot Gary Porter voor môre se laaste Curriebeker-groepswedstryd teen die Leeus in Johannesburg. Eric Basson begin as losvoorspeler in die plek van die beseerde Divan Fuller, terwyl Luke Burger na binnesenter skuif nadat Cornel Smit beseer is. Die Junior Springbok-flank […]
# Die DA in Johannesburg het die aanstelling van Lesiba Malotana as nuwe hoof van die Departement van Openbare Veiligheid verwerp. ʼn Maatskappy wat bande het met Malotana, het tien-miljoen-rand ontvang van korrupte kontrakte met die Tembisa Hospitaal, en word tans deur die Spesiale Ondersoekeenheid ondersoek. Solomon Maila van die DA sê uit die top-drie […]
# Die polisie in Noordwes het ʼn soektog begin na ʼn 41-jarige man wat vermoedelik drie mense vermoor het. James Mohajane word gesoek in verband met die moord op sy vriendin, Moipone Lefoka, haar suster, Esther Lefoka, en Esther se kêrel, Tshepo Molekwa. Nasionale polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê die drie slagoffers is blykbaar laas saam […]
# Die Gesondheidsdepartement vra dringende optrede teen dalende immunisering-syfers om uitbrekings te verhinder van siektes wat deur entstowwe voorkom kan word. Dié afname kan dekades van openbare gesondheidswinste vernietig, insluitend die beduidende vermindering in sterftes onder baba’s en kinders onder vyf wat sedert die middel-2000’s bereik is. Woordvoerder Foster Mohale sê die persentasie babas onder […]
# Die sterftesyfer in die rampspoedige kitsvloede wat Nepal en Tibet getref het, het tot 162 gestyg terwyl een-duisend-384 mense, wat vier Suid-Afrikaners insluit, vermis word. Onder die vermiste persone is 177 van Indië, 63 van Amerika, 34 van Australië, 33 van Brittanje en 25 van Kanada. Owerhede sê die bergagtige terrein, gure weer en […]
# Die land vier Elektrisiteit-veiligheidsmaand en Eskom moedig Suid-Afrikaners aan om onwettige elektrisiteitsverbindings, oop drade, beskadigde elektrisiteit-infrastruktuur en ander gevare onmiddellik aan te meld. Die kragverskaffer het ongeveer 200 voorvalle aangeteken wat met openbare veiligheid verband hou. Eskom-woordvoerder, Daphne Mokwena, sê onwettige verbindings en ontblote drade is nie net onwettig nie; dit kan mense skok, […]