# Die Nasionale Transmissiemaatskappy van Suid-Afrika sê beleggings van sowat 440-miljard-rand sal die volgende dekade nodig wees vir transmissie-uitbreiding en netwerktoegang. Die onderneming berei voor vir volgende maand se Windaba 2026 in Kaapstad. Uitvoerende hoof Monde Bala sê die geld sal aangewend word om ongeveer 14-duisend-500-kilometer se hoëspannings-kraglyne en bykomende transformator-vermoë te befonds. Hy sê privaat beleggings en openbare-privaat vennootskappe is noodsaaklik om infrastruktuur-projekte vinniger af te handel en nuwe hernubare energieprojekte aan die nasionale kragnetwerk te koppel.
Transmissiemaatskappy wil 440-miljard-rand in beleggings vir uitbreiding van netwerk lok [KLANK]