# Die Europese Kommissie stel voor kinders onder 13 moet van sosiale media verbied word as deel van nuwe maatreëls om minderjariges aanlyn te beskerm. Kinders tussen 13 en 15 sal slegs onder toesig toegelaat word om mini-rekeninge te gebruik met beperkte funksies en ‘n tydsbeperking van een-uur per dag. Die plan sal ook platforms […]
# Rugby: Die Springbokke Cheslin Kolbe, Siya Kolisi en Wilco Louw is by die Stormers se groep vir die 2026/27-seisoen ingesluit ná hul terugkeer van ander spanne. Hoofafrigter John Dobson het ‘n groep van 56 aangekondig as deel van “Projek 2029”, wanneer hulle beoog om die Kampioenebeker te wen. Die senter Ruhan Nel is kaptein […]
# Die Oekraïnse president, Volodimir Zelenski, verwelkom die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers se goedkeuring van ‘n omvattende wetsontwerp oor sanksies teen Rusland. Die wetgewing is met 262 stemme teen 159 aanvaar en is gemik op Rusland se energie- en verdedigingsbedrywe, asook sy skaduvloot wat gebruik word om sanksies te omseil. Die wetsontwerp sal die Amerikaanse […]
# Oekraïnse amptenare sê minstens 26 mense, insluitend vier kinders, is oornag beseer tydens Russiese aanvalle op Kiëf, Odessa en ander streke. In Kiëf is 16 mense, onder wie twee kinders, gewond terwyl sewe mense, insluitend twee kinders, in Odessa beseer is nadat ‘n missiel ‘n woonstelgebou getref het. ‘n Man van 64 is in […]
# Die nasionale kommissaris van Korrektiewe Dienste, Makgothi Thobakgala, sê bendes werf jongmense om ernstige misdade, insluitend moord, te pleeg. Hy het voor die Madlanga-kommissie getuig bendes gebruik doelbewus jongmense omdat die strafregstelsel jong oortreders anders hanteer as volwassenes, wat hulle kwesbaar maak vir uitbuiting deur georganiseerde misdaadgroepe. Thobakgala sê bendes het gewoonlik ‘n duidelike […]
# Die nasionale kommissaris van Korrektiewe Dienste, Makgothi Thobakgala, sê pogings om amptenare te beïnvloed kan op verskillende vlakke van korrektiewe instellings plaasvind. Hy het aan die Madlanga-kommissie gesê die veroordeelde moordenaar en verkagter, Thabo Bester, het herhaaldelik probeer om sy aandag te trek. Thobakgala sê Bester se versoek is na formele klagtes en verteenwoordigings-prosesse […]
# Die Hooggeregshof in Polokwane in Limpopo het die 33-jarige prokureur, Charlotte Tibana, met onmiddellike ingang verbied om te praktiseer. Die Regspraktykraad het die dringende aansoek gebring te midde van bewerings van bedrog met trustrekenings. Tibana en haar man, die Tshwane-metropolisie-beampte Peter Nonyane, staan tereg op 43 aanklagte wat bedrog, diefstal en geldwassery insluit. Hulle […]