# Die Hooggeregshof in Polokwane in Limpopo het die 33-jarige prokureur, Charlotte Tibana, met onmiddellike ingang verbied om te praktiseer. Die Regspraktykraad het die dringende aansoek gebring te midde van bewerings van bedrog met trustrekenings. Tibana en haar man, die Tshwane-metropolisie-beampte Peter Nonyane, staan tereg op 43 aanklagte wat bedrog, diefstal en geldwassery insluit. Hulle word daarvan beskuldig dat hulle meer as vier-miljoen-rand uit boedelrekeninge wanbestee het. ‘n Oudit word ook tans gedoen en die egpaar is reeds borgtog geweier.
Hof in Limpopo verbied prokureur om te praktiseer te midde van boedelbedrogsaak