# Rugby: Die Springbokke Cheslin Kolbe, Siya Kolisi en Wilco Louw is by die Stormers se groep vir die 2026/27-seisoen ingesluit ná hul terugkeer van ander spanne. Hoofafrigter John Dobson het ‘n groep van 56 aangekondig as deel van “Projek 2029”, wanneer hulle beoog om die Kampioenebeker te wen. Die senter Ruhan Nel is kaptein van die groep, wat 15 Bokke insluit asook Oli Kebble, wat vir Skotland gespeel het, en Gary Porter, wat Zimbabwe verteenwoordig het. Die Stormers skop hul Verenigde Rugbykampioenskapsveldtog volgende Vrydag in Ierland teen Connacht af.
Rugby: Drie terugkerende Bokke ingesluit in Stormers se groep vir die nuwe seisoen