# Satellietbeelde dui aan gister se dodelike kitsoorstroming naby Nepal se grens met Tibet is moontlik veroorsaak toe die onderste gedeelte van ‘n gletser afgebreek en honderde meter ver in die vallei neergestort het. Dis nog onduidelik wat die instorting veroorsaak het, maar Nepalese amptenare meen ‘n aardbewing in Suid-Asië kon moontlik ‘n rol gespeel […]
# Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, David Maynier, verwelkom die inhegtenisneming van twee mans op die OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng vir beweerde wildsmokkelary. ‘n Vyftigjarige Thaise burger het 50 voël-eiers versteek in ‘n tuisgemaakte broeikassak. ‘n Drie-en-twintigjarige landgenoot het na bewering probeer om 418 papegaai-eiers in twee tuisgemaakte broeikasakke deur […]
# Die Vereniging van Vleis-invoerders en-uitvoerders sê Suid-Afrikaanse verbruikers betaal hoër pryse vir beesstert omdat beperkings op invoere uit Argentinië die aanbod steeds onder druk plaas. Beesstertpryse het gestyg van tussen 79- en 99-rand per kilogram vroeër vanjaar tot 199-rand. Die vereniging sê Suid-Afrika maak sterk staat op Argentynse invoere, en het die Departement van […]
# Kaapstadse Verkeersdienste is op die toneel van ‘n botsing tussen twee minibustaxi’s en ‘n vragmotor op die N7-suid naby Malibongwe-rylaan. Woordvoerder Kevin Jacobs, sê amptenare werk daaraan om die verkeersvloei te herstel. Hy sê die oorsaak van die ongeluk is onbekend en geen sterftes is aangemeld nie:
# Die Durbanse houer-terminaal doen stappe om agterstallige vrag op te klaar en gewone bedrywighede te herstel ná die instel van sy nuwe NAVIS-terminaalbedryfstelsel. Bedryfshoof Grant Bahlmann sê die stelsel is bestendig, maar beperkings met toerusting en terrein-opeenhoping vertraag die proses. Tydelike beperkings bly intussen van krag terwyl ingevoerde vrag verwyder word. Bahlmann sê bergingsfooie […]
# Tennis: Die Duitser Alexander Zverev en Aryna Sabalenka van Belarus is die top-gekeurdes in die Amerikaanse Ope-enkelspelkompetisies, wat Sondag op Flushing Meadows in New York begin. Zverev is eerste gekeur in die mansloting in die afwesigheid van die beseerde wêreld-nommer-een, Jannik Sinner van Italië. Die verdedigende kampioen, Carlos Alcaraz van Spanje, is tweede gekeur, […]
# Katar se eerste minister, Sheikh Mohammed bin Abdulrahman, sal vandag met Iranse amptenare in Teheran vergader om maniere te bespreek om spanning te ontlont en bevorderlike toestande vir dialoog te skep. Katar was tot nou ‘n belangrike bemiddelaar in die Amerikaans-Iranse konflik. Die Ministerie van Buitelandse Sake sê gesprekke sal insluit streeksveiligheid, vryheid van […]