# Die Minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologie, Solly Malatsi, sê Suid-Afrika het beter samewerking nodig om skadelike aanlyninhoud, verkeerde inligting en waninligting te bestry. Hy was die hoofspreker by die forum oor die Bestuur van Skadelike Aanlyninhoud en Vryheid van Uitdrukking, en het gesê die regering kan nie die uitdagings alleen aanpak nie. Malatsi […]
# Die minister van Toerisme, Patricia de Lille, het die amptelike opening van Suid-Afrika se eerste Club-Med-strand- en safari-oord namens president Cyril Ramaphosa in KwaZulu-Natal waargeneem. Die ontwikkeling verteenwoordig ‘n belegging van meer as twee-miljard-rand. Dit het 600 direkte permanente werksgeleenthede en een-duisend-500 indirekte poste geskep of ondersteun, terwyl meer as twee-duisend-300 werksgeleenthede tydens die […]
# Die Suider-Afrika Agri Inisiatief sê berigte oor nul-tariewe vir Suid-Afrikaanse bloubessies na China kan uitvoere bevorder en geleenthede vir boere skep, maar die besonderhede moet eers bevestig word. Die organisasie voer aan die saak is dringend, aangesien plaaslike bloubessieboere strawwer mededinging uit Zimbabwe verwag weens laer arbeidskoste. Theo de Jager van Saai steun die […]
# Die stigter van Public Interest South Africa, Tebogo Khaas, vra strenger leefstyloudits en beter keuringstelsels. Dit volg terwyl die Madlanga-kommissie voortgaan met sy ondersoek na politieke inmenging in die strafregstelsel. Khaas het aan die SABC gesê Suid-Afrika het moontlik nie ‘n algehele hersiening van sy wetgewing nodig nie, maar bestaande maatreëls moet meer doeltreffend […]
# Die African Independent Congress het die speaker van die Johannesburgse stadsraad, Margaret Arnolds, as sy burgemeesterskandidaat vir die plaaslike regeringsverkiesing aangekondig. Arnolds was voorheen ‘n lid van die burgemeesterskomitee vir Gemeenskapsontwikkeling en Finansies en dien tans as Speaker. Die party sê haar verkiesingsveldtog sal op dienslewering, aanspreeklikheid, infrastruktuur en plaaslike ekonomiese ontwikkeling fokus:
# Die finansiëledienstegroep Momentum het sy teiken van sewe-miljard-rand in wesensverdienste ‘n jaar vroeër as beplan bereik. Die groep het vir die jaar tot Junie ‘n verdienste van 7,06-miljard-rand aangeteken, 13-persent hoër as die vorige boekjaar. Die uitvoerende hoof, Jeanette Marais, sê elke sake-eenheid het vir die eerste keer ‘n wins gelewer, met vyf afdelings […]
# Die voormalige minister van Verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, hou vol ’n pruik wat in WhatsApp-gesprekke met die militêre kontrakteur Nombasa Ntsondwa-Ndlovu bespreek is, was werklik ‘n pruik en nie ’n kode-woord vir geld nie. Sy is in die Hooggeregshof in Pretoria gevra hoekom sy herhaaldelik daarna verwys het. Mapisa-Nqakula, wat deur ’n tolk getuig, erken […]