# Die Mediese Fonds vir Staatsamptenare se jaar-simposium in Kaapstad fokus op beter kommunikasie. Voorsitter Nomzamo Tutu sê ingewikkelde terme maak dit moeilik vir lede om hul voordele te verstaan en die gesondheidstelsel doeltreffend te gebruik. Sy sê GEMS moet na sy lede luister, kommunikasie vereenvoudig en inligting oor voordele en dienste beskikbaar stel. Tutu […]
# Die Suid-Afrikaanse Vrag- en Logistiekvereniging en die Padvragvereniging vra ‘n verenigde herstelplan om voorspelbare vragvloei deur die Durbanse houer-terminaal te herstel. Die bedryfsliggame sê weeklikse stelselprosesse het met 26-persent gedaal ná die NAVIS-stelselverandering middel Augustus, terwyl vertragings met vaartuie en vragmotors toegeneem het. Die organisasies vra ‘n openbare herstelplan van 30-dae, verbeterde toerusting en […]
# Die voormalige hoof van die Valke, Godfrey Lebeya, het voor die Madlanga-kommissie getuig die privaat ondersoeker Paul O’Sullivan het navraag gedoen oor vordering met die Valke se ondersoek na die Phala Phala-saak. Lebeya het geweier om inligting te verskaf omdat ‘n ondersoek nie met privaat individue bespreek mag word nie. Hy het getuig O’Sullivan […]
# Rugby: Die Australiese skeidsregter Angus Gardner sal nou Saterdag se tweede toets tussen die Springbokke en die All Blacks in Kaapstad hanteer. Hy vervang Nika Amashukeli van Georgië, wat siek geword het. Amashakuli sal nou in beheer wees van volgende naweek se derde toets op die FNB-stadion in Johannesburg. Gardner het Dinsdag geblaas in […]
# Rugby: Die All Blacks se hoofafrigter, Dave Rennie, het verskeie veranderings aangebring aan sy span vir Saterdag se tweede toets teen die Springbokke in Kaapstad. Die stut George Bower vervang die beseerde Ethan de Groot. Tupou Vaa’i skuif na slot nadat Josh Lord beseer is, terwyl Simon Parker na flank skuif. Xavier Numia sal […]
# Lugrederye tref noodmaatreëls nadat ‘n onderbreking by Sasol se Natref-raffinadery die voorsiening van stralerbrandstof op die OR Tambo Internasionale Lughawe in Kemptonpark, Gauteng, ontwrig het. Lugrederye oorweeg om brandstof van ander lughawens te verkry, hoewel dit bedryfskoste kan verhoog omdat vliegtuie meer brandstof verbruik as hul bykomende brandstof vervoer. Volgens News24 is FlySafair en […]
# Die Reserwebank het twee herdenkingsmuntstukke bekendgestel ter ere van die nalatenskap van Charlotte Maxeke en die vroue-optog na die Uniegebou in 1956. Die een twee-rand-muntstuk vier 125 jaar sedert Maxeke die eerste swart Suid-Afrikaanse vrou geword het om ‘n universiteitsgraad te bekom. Die tweede herdenk 70 jaar sedert die geskiedkundige optog teen apartheids-paswette. President […]