Skip to content

Staatsdiensvakbond vra KZN Onderwysdepartement om veiligheid by skole te verskerp na leerder se dood

# Die Vereniging van Staatsamptenare doen ‘n beroep op beter sekuriteit by skole in KwaZulu-Natal ná die moord op ‘n leerder by die Ndengezi Intermediate School in KwaNdengezi, naby Pinetown. Die leerder is volgens berigte Maandag op die skoolterrein doodgeskiet. Zamani Dladla van die vakbond sê talle skole het te kampe met sekuriteitsuitdagings, waaronder swak omheining, beperkte sekuriteitspersoneel en onbeheerde toegang. Dladla het bygevoeg die provinsiale Onderwysdepartement moet dringend die sekuriteit by skole evalueer en toesig moet verbeter.