# Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê raswette veroorsaak nie net regstreekse skade nie, dit het ook ander negatiewe gevolge. Dit belemmer groei en belegging en weerhou mense van geleenthede weens hul ras of geslag. Amerika het nuwe visumbeperkings op Suid-Afrika ingestel wat verband hou met raswette en onteiening sonder vergoeding. Die instituut se uitvoerende hoof, […]
# Adjunkpresident Paul Mashatile sê hy sien daarna uit om sy pligte ten volle te hervat en die nasie met nuwe energie en toewyding te dien. Oudpresident Thabo Mbeki, vergesel van die Thabo Mbeki-stigting se uitvoerende hoof, Max Boqwana, het gister ʼn hoflikheidsbesoek aan die adjunkpresident gebring, terwyl hy van ʼn onlangse mediese prosedure herstel. […]
# Krieket: Miané Smit se eerste T20-honderdtal het die Suid-Afrikaanse vrouespan na ‘n oortuigende oorwinning van 80 lopies teen Zimbabwe in Bulawayo gelei en hul reeksvoorsprong tot 4-0 vergroot. Smit, wat as Speler van die Wedstryd aangewys is, het 102 lopies van 59 balle aangeteken en die Proteas gehelp om ‘n totaal van 205 vir […]
# Die ANC se eerste adjunk-sekretaris-generaal, Nomvula Mokonyane, sê hulle vra gereeld vir gesamentlike optrede om geslagsgeweld en vrouemoord die hoof te bied, en om gemeenskappe te bou waar vroue en kinders vry van vrees en geweld kan leef. Sy het die families besoek van Elizabeth Moselakgomo, Dineo Motapane en Itumeleng Kekana, wat deel is […]
# Die familie van die 28-jarige Gracious Nkomo het haar positief uitgeken as een van die vroue wie se liggame verlede week langs die R-21 in Kemptonpark gevind is. Sy was die derde vrou wat in die gebied gevind is. Dit volg terwyl die polisie voortgaan om die dood van nege vroue reg oor die […]
# Die Kanadese eerste minister, Mark Carney, sê ‘n nouer vennootskap met Europa is daarop gemik om veerkragtigheid te skep eerder as selfvoorsiening. Die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, het voorgestel dat Kanada die blok se eerste assosiaatlid word – ‘n status wat tans nie bestaan nie. Die EU en Kanada […]
# Krieket: Die Australiese kolwer Steve Smith sê herinnerings aan 2018 se balpeutery-skandaal spook steeds by hom voor hy die eerste keer sedertdien weer ‘n toetsreeks in Suid-Afrika gaan speel. Hy sê die geluid van kamera-flitse laat hom dink aan die gevolge van die derde toets in Kaapstad, wat gelei het tot ‘n skorsing van […]
# Sokker: Die voormalige Engelse kaptein, David Beckham, sê die Argentynse ster-speler Lionel Messi verdien vanjaar se Ballon d’Or in sy finale jaar van internasionale sokker. Die 39-jarige is saam met 29 ander spelers benoem vir die gesogte toekenning, wat hy al agt keer tevore gewen het. Beckham sê Messi het nog ‘n briljante Wêreldbekertoernooi […]
# Die sekretaris van die ANC in die Oos-Kaap, Lulama Ngcukayitobi, dreig met regstappe teen die party se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, oor bewerings dat hy verantwoordelik was vir die laat indiening van kandidaatlyste by die Verkiesingskommissie. Ngcukayitobi ontken die bewerings, insluitend dat hy ’n lys wat deur die Nasionale Uitvoerende Komitee goedgekeur is, gewysig het, […]