# Krieket: Die Australiese kolwer Steve Smith sê herinnerings aan 2018 se balpeutery-skandaal spook steeds by hom voor hy die eerste keer sedertdien weer ‘n toetsreeks in Suid-Afrika gaan speel. Hy sê die geluid van kamera-flitse laat hom dink aan die gevolge van die derde toets in Kaapstad, wat gelei het tot ‘n skorsing van ‘n jaar en wat hom die kapteinskap gekos het. Smith sê egter hy het aanbeweeg en sal enige vyandige verwelkoming gebruik as motivering wanneer die toetsreeks op 9 Oktober begin.
Krieket: Skuurpapier-skandaal spook steeds by Smith voor toetsreeks in Suid-Afrika