Skip to content

Mashatile sê hy sien uit om sy pligte te hervat

# Adjunkpresident Paul Mashatile sê hy sien daarna uit om sy pligte ten volle te hervat en die nasie met nuwe energie en toewyding te dien. Oudpresident Thabo Mbeki, vergesel van die Thabo Mbeki-stigting se uitvoerende hoof, Max Boqwana, het gister ʼn hoflikheidsbesoek aan die adjunkpresident gebring, terwyl hy van ʼn onlangse mediese prosedure herstel. Mashatile het foto’s van hom en Mbeki op X geplaas. Dis die eerste openbare foto’s van hom sedert hy middel-Julie siek geword het. Hy sê die besoek was hartlik en gerusstellend.