# Die Kanadese eerste minister, Mark Carney, sê ‘n nouer vennootskap met Europa is daarop gemik om veerkragtigheid te skep eerder as selfvoorsiening. Die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, het voorgestel dat Kanada die blok se eerste assosiaatlid word – ‘n status wat tans nie bestaan nie. Die EU en Kanada het reeds ‘n vryhandelsooreenkoms en werk saam op gebiede soos handel, verdediging en navorsing. Carney het aan die Europese Parlement gesê dit is ‘n geleentheid om Kanada sterker, meer soewerein en onafhanklik te maak:
Kanadese eerste minister sê voorstel om bande met die EU te versterk, is vir onafhanklikheid [KLANK]
ENG CarneyOnProposal