Skip to content

Krieket: Smit se eerste honderdtal laat die Protea-vroue met 4-0 voorloop in die T20-reeks teen Zimbabwe

# Krieket: Miané Smit se eerste T20-honderdtal het die Suid-Afrikaanse vrouespan na ‘n oortuigende oorwinning van 80 lopies teen Zimbabwe in Bulawayo gelei en hul reeksvoorsprong tot 4-0 vergroot. Smit, wat as Speler van die Wedstryd aangewys is, het 102 lopies van 59 balle aangeteken en die Proteas gehelp om ‘n totaal van 205 vir vier te bereik. Zimbabwe is tot 125 vir vyf beperk, met Caitlin Wyngaard wat twee paaltjies geneem het. Suid-Afrika sal Saterdag in die vyfde en laaste T20-wedstryd wil skoonskip maak in die reeks.