# Die familie van die 28-jarige Gracious Nkomo het haar positief uitgeken as een van die vroue wie se liggame verlede week langs die R-21 in Kemptonpark gevind is. Sy was die derde vrou wat in die gebied gevind is. Dit volg terwyl die polisie voortgaan om die dood van nege vroue reg oor die Oos-Rand te ondersoek. Die polisie het nou vier vroue in die Ekurhuleni-ondersoek formeel uitgeken. Die waarnemende Nasionale Polisiekommissaris, Puleng Dimpane, sê ‘n multidissiplinêre span ondersoekers probeer die omstandighede rondom die moorde vasstel en die verantwoordelikes identifiseer.
‘n Derde vrou wat langs die R-21 in Kemptonpark gevind is, is uitgeken