# DieVereniging van Staatsamptenare sê dienslewering by Rob Ferreira-hospitaal in Mbombela, Mpumalanga, is onder geweldige druk weens personeeltekorte. Die vakbond sê pasiënte wag tot vyf ure om lêers te kry en ‘n verdere drie tot vier ure by die apteek. Phumzile Zulu van die vakbond doen ‘n beroep op dringende werwing van administratiewe en apteekpersoneel, […]
# Die Santa Shoebox-projek moedig ondernemings, skole, boekklubs en gemeenskapsgroepe aan om minstens 20 geskenkboksies vir minderbevoorregte kinders te borg. Die organisasie vier sy 20ste bestaansjaar en hoop om 85-duisend geskenkboksies te versprei. Elke boks bevat noodsaaklikhede soos klere, toiletware, skoolbenodigdhede, ‘n speelding en lekkers. Die uitvoerende hoof, Deb Zelezniak, sê groepe het nog hierdie […]
# Suid-Afrika het verlede maand amper een-miljoen internasionale toeriste verwelkom, met meer as 991-duisend besoekers wat aangeteken is. Dit is ‘n toename van 12,5-persent in vergelyking met Julie verlede jaar. Van Januarie tot Julie het meer as 6,5-miljoen internasionale toeriste die land besoek, ‘n styging van 12,4-persent in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar. Die […]
# Die Vryheidsfront Plus sê Tshwane se burgemeesterskandidaat Willie Spies is as raadslid in die Stadsraad ingesweer. Hy vul die setel wat vakant gelaat is deur Grandi Theunissen wat onlangs by die DA aangesluit het. Jaco Mulder van die VF Plus sê die party ondersteun Spies ten volle in sy nuwe rol terwyl hy voorberei […]
# Padwedlope: Die marathonwêreldrekordhouer, Sabastian Sawe, het onttrek aan volgende maand se Berlyn-marathon in Duitsland. Die 31-jarige Keniaan het die twee-uur-grens verpletter toe hy die Londen-marathon in April in een-uur-59-minute-30-sekondes gewen het. Berlyn sou sy eerste kompetisie sedertdien gewees het, en hy het uitgesien na die baie plat baan wat dit ‘n gunstelingwedren vir potensiële […]
# Die Vryheidsfront Plus het die Stad Tshwane gekritiseer vir tien-duisend-rand wat betaal is om ‘n eiendom in Clubview, Pretoria, ter waarde van vyf-duisend-600-rand te waardeer. Peter Meijer van die VF Plus sê die waardasie het amper dubbel die waarde van die grond gekos en was onnodig omdat twee munisipale departemente die eiendom reeds gewaardeer […]
# Die saak teen die Zimbabwiese-Britse burger Ndodana Tshuma, wat teregstaan op ‘n aanklag van die onwettige besit van ‘n vuurwapen, is tot 8 September in die Johannesburgse Landdroshof uitgestel. Tshuma, wat in Brittanje gesoek word vir die beweerde moord op sy vrou en twee dogters, is verlede maand in Kensington, Johannesburg, in hegtenis geneem. […]
# Krieket: Duan Jansen moes vyf jaar wag om by sy tweelingbroer, Marco, aan te sluit in die nasionale groep. Hy kan sy buiging vir die Proteas maak in die driehoekige T20-reeks teen Namibië en Zimbabwe in Windhoek, wat môre afskop met die wedstryd tussen Suid-Afrika en Namibië. Die 26-jarige Jansen word beloon vir skitterspel […]